DIS
DIE MOEITE WERD OM TE LEES - BAAAAAAIE MOOI!!!!!
Is my boetie se beurt......
'n Verhaal word vertel van 'n matriekklas by 'n sekere skool wat geregeer is
deur
die belhamel-element. Die klas het haas onregeerbaar geword en een ná die ander
onderwyser het sy of haar goed gevat en geloop omdat dit nie vir hulle enigsins
moontlik was om dissipline en orde te handhaaf nie. Daar is advertensies in al
die koerante geplaas, maar soos wat die onderwysers aangestel is, so het
hulle 'n
paar weke later maar weer hul goed gevat en geloop.
Maar een oggend was daar 'n ligte kloppie aan die skoolhoof se deur en n
tingerig
geboude man het daar gestaan. Die skoolhoof het gegroet en toe stel die man
homself voor: Ek is Mnr Buys en ek het kom aansoek doen vir die pos van
matriekonderwyser. Die skoolhoof het die man op en af gekyk en toe vir hom
gesê:
Dankie Mnr Buys, maar groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en
het
maar weer stert tussen die bene 'n paar weke later weggesluip.
Mnr Buys het die skoolhoof in die oë gekyk en toe gesê: Dan het jy mos niks om
te
verloor deur my 'n geleentheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie klas. Die
skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het te sleg gevoel om vir hierdie man
te
sê dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp belhamels en het hom
toe
aangestel.
Die volgende oggend was die matriekklas op hul beste, die geraas is deur die
hele
skool gehoor.
Daar was 'n vreeslike rumoer wat deur die gange ge-eggo het. Die klasdeur het
oopgegaan en mnr Buys het stadig by die deur ingeloop terwyl hy die hele spul
so
op en af bekyk, hy het agter sy tafel gaan staan en net gekyk, nie 'n woord
gesê nie.
Daar het skielik 'n doodse stilte oor die matriekklas neergedaal. Of dit
verbasing
was omdat so 'n klein verpiepte mannetjie die mannemoed gehad het om by hulle
klas
in te stap, en of dit net die atmosfeer was wat die man omvou het - wat ook al
die
rede - die stilte was voelbaar.
Mnr Buys het van die geleentheid gebruik gemaak om die klas te groet, homself
voor
te stel en hulle te vra om asb hulle plekke in te neem. Hy verduidelik toe vir
hulle dat hy orde en dissipline gaan toepas, maar met die verskil, dat hulle
die reëls en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe voor die swartbord en vra
hulle watter reëls hulle wil instel. Die een groot belhamel met die naam van
Jakobus spring toe op en skree:"Daar mag geen diefstal wees nie", en
mnr Buys skryf
toe GEEN DIEFSTAL.
Die volgende ou spring toe op en sê daar mag geen vloekery wees nie, en mnr
Buys
skryf GEEN VUIL TAAL, en so het die klomp hul totaal en al oorgegee aan die
genot
van die maak van die reëls. Toe staan mnr Buys eenkant en sê dit is nou goed
so,
maar wat van die straf as een van hierdie reëls verbreek word. O dit is maklik
skree
ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang. Goed sê mnr Buys, so sal
dit wees
en skryf toe die straf ook op die bord.
Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek.
Na pouse storm Jakobus die klas binne en sê vir mnr Buys, "My toebroodjies
is
gesteel, en die reëls se daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige moet
asb
gestraf word". Mnr Buys vra toe of hy weet wie die brood gesteel het, Ja,
sê Jakobus,
dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die klas staan 'n
maer,
verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of hy die brood geneem het
en hy
sê toe ja, hy het. Mnr Buys kyk toe vir die kind en sien dadelik die hongerpyne
op
die seun se gesig raak, maar hy het ook besef as hy nie die nodige disipline
toepas nie, gaan hy ook druipstert die skool verlaat. Hy versoek toe vir Klaas
om
vorentoe te kom.
Klaas was die toonbeeld van armoede, die skoene was stukkend, en oor sy
skoolbroek
het hy 'n oorgrote baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het. "Klaas
trek uit
jou baadjie en kom buk". Klaas kom toe vorentoe en buk met die
baadjiepante nog
steeds styf vasgehou. "Nee Klaas, die baadjie is te lank en dit hang oor
jou
boude, jy moet dit asb uittrek". "Ag meneer", smeek Klaas,
"ek sal buk want ek
is skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie".
Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar
ter
wille van die dissipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek
toe weer
vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde
kind: "Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie die
baadjie uittrek
nie".
Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer: "Kom Klaas, uit met die
baadjie" en
toe Klaas sien hy gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit
stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die broek aan sy lyf.
"Klaas waar is jou hemp" vra mnr Buys. "Meneer, in ons huis is
daar net een hemp
en een baadjie en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En
meneer ek
het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net
weer in
die asblik gooi soos elke dag, en ek was so honger, toe dink ek hy sal nie eens
agterkom dat die brood weg is nie".
Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om
sy
emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan
dat ek wel
die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'n uitsondering kan maak
nie",
en Klaas kyk hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek verstaan" en toe buk
hy, en Mnr
Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se stem
die
stilte in die klas, "Wag Meneer moenie hom slaan nie." Mnr Buys kyk
na Jacobus en sê:
"Nee die straf moet toegepas word vir die oortreding van die reëls".
"Nee meneer,
moenie hom slaan nie, hy was honger, los hom ek sal in sy plek kom buk om die
straf
te kry."
Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het daar
Iemand ook voor die Vader gestaan en gesê, Asseblief Vader moenie hulle straf
nie,
Ek sal in hulle plek die straf neem. Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie
nuwe dag, hierdie nuwe week opnuut vir Jesus dankie te sê vir die straf wat Hy
namens ons verduur het. Laat mens dink, dink voor jy praat en doen aan andere
wat
jy graag wil hê gedoen moet word aan jou.
Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n pad kruis.
Nou as jy soos ek nat gehuilde oë het omrede jy besef hoe kosbaar Jesus se
offer
was, stuur na iemand vir wie dit vandag 'n verskil sal maak!
JY KAN 'N VERSKIL MAAK!
MAG GOD JOU SEEN!
Monday, 19 March 2012
Monday, 20 February 2012
Friday, 27 January 2012
To kick it off
With the new year kicking off people become complacent around the home where crime is concerned. PLEASE DON'T!!!! You might sleep but the criminals don't. Witbankers are luckily in the fortunate position to have a "CPF"...Community Police Forum.
This is a group of people that take safety and security very seriously. They are the eyes and ears of the SAP. They look after their neighbours, the take turns driving around the area they live in, they make a BIG difference to the community.
The CPF is a formal structure that is recognised by the South African Police Force and they work very closely together.
This is a group of people that take safety and security very seriously. They are the eyes and ears of the SAP. They look after their neighbours, the take turns driving around the area they live in, they make a BIG difference to the community.
The CPF is a formal structure that is recognised by the South African Police Force and they work very closely together.
Subscribe to:
Posts (Atom)